Corruption


Goeie dag Hierdie is 'n baie ernstige probleem wat op die ou end weer 'n plaasmoord gaan veroorsaak. Ons het getuienisse op die plaas wat die Gentleman al gedoen het en die polisie het ook ander sake van plaasdiefstalle teen hom maar laat hom op vrye voete weereens na ons saak ook en hy SAL ons kom doodmaak sê hy in die nag !! Die Hartbeesfontein Polisiestasie sien ons byna elke dag vanaf Februarie 2011 en geen ordentelike hulp word verleen aan die situasie nie.   Ons word geintimideer deurdat 'n verdagte in 'n saak wat deur Hartbeesfontein ondersoek word vrygelaat is en snags ons intimideer deur sy aksies om oor ons heinings die plaas binne te kom, met ons werkers probeer praat ens, nie net ons nie maar ook ons werknemers wat getuienisse is in bg saak vrees vir hul lewens aangesien die verdagte voorheen reeds gese het dat hy ons wit boere sal wys wat hy met ons sal doen.  Ons het reeds 7h30 vanoggend die SAPD geskakel en tot nou 12h00 was nog niemand op die plaas gewees nie en stel die SAPD ons ook gerus deur te sê hulle kan hom alleenlik arresteer as hulle hom self kry op die plaas, intussen loop en werk hy vrylik in die hartbeesfontein dorp. Na vele besoeke aan SAPS Hartbeesfontein op 6/5/2011 word ons nog steeds nie gehelp nie aangesien daar nie iemand is wat ons verklaring in Afrikaans kan neem nie.  Ons plaas is net lang 'n ou lukasie gelee en skep baie probleme.  Op die stadium weet ons nie wie om te nader nie en hoop dat u vir ons die oplossing kan gee, ons vrees vir ons lewens op die plaas en kan nie die reg in ons eie hande neem nie, die verdagte is reeds op borg uit.  Moet daar NOG ;n BOER vermoor word voordat daar aksie geneem word.

Report ID: 1075
Crime Category: Corruption
Province: North West
City/Town: Hartbeesfontein
Suburb: N/A
Address: Hartbeesfontein
Crime Date/Time: 16 Apr 2011, 00:04 AM
Reported By: Username1075
Reported Date: 6 May 2011, 12:05 PM
Related Link:

Join the conversation

  • Hein4 13 Feb 2012, 07:55 AM

    Hopelik het daar nog geen plaasmoord agv die rampokker se optrede plaasgevind nie. Moet nie eens probeer om van die Presidential Hotline gebruik te maak nie dis 'n vermorsing van tyd. Skakel eerder direk met TLU SA aangesien jy 'n plaasboer is. Ek self is nie 'n plaasboer nie, dus het ek my tot VF Plus gewend, wat binne 'n ommesientjie my probleem met die staat opgelos het.

Popular categories