Polisie help man aanrand


function openPrintWindow() { myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=b34bdbc3-9b4f-4799-9ea4-a74f9b207638&cid=1928','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600'); } Mnr. Piet Bekker (29) staan naby die kruising in Burgershoop waar die polisie en twee vermeende Nigeriese dwelmsmouse ’n 19-jarige man glo aangerand het. Foto: Ügen VosÜgen Vos - Beeld2011-11-09 23:30Twee polisiemanne van Krugersdorp en twee vermeende Nigeriese dwelmhandelaars het na bewering gisteroggend saam ’n jong man helder oordag sowat ’n kilometer van die Krugersdorp-polisiestasie so erg aangerand dat hy nie self kon regop kom nie en bloed opgegooi het.

Die twee polisiemanne het volgens verskeie ooggetuies pepersproei in die 19-jarige mnr. Shaun du Toit se oë gespuit en hom vasgehou terwyl die twee Nigeriërs hom gemoker het.

Al vier mans het Du Toit volgens ooggetuies geslaan en geskop terwyl hy weerloos op die grond gelê het en het sy gesig op die grond vasgetrap.

Hulle het die geboeide Du Toit aan sy been oor die teerpad en om die polisievangwa gesleep en hom agterin geboender. Een van die vermeende dwelmsmouse het glo selfs die vangwa se deur vir die polisie oopgemaak en Du Toit ’n skop gegee toe hy ingelaai word.

Du Toit het vroeër die dag glo ’n dwelmnes in Burgershoop, Krugersdorp, aan ’n adjudant-offisier van die polisie gaan uitwys, het mnr. Piet Bekker (29) gister gesê.

Volgens Bekker vermoed hulle die vermeende dwelmsmouse het gesien hoe Du Toit saam met die polisieman ry.

Die twee Nigeriërs het Du Toit en sy 14-jarige meisie later by ’n kruising oorkant die dwelmnes voorgekeer.

“Ek was in die sitkamer doenig toe ek ’n verskriklike gillery hoor,” het ’n ooggetuie, wat naby die kruising woon, gesê. Sy wil uit vrees vir haar veiligheid nie haar naam genoem hê nie. “Die twee Nigeriërs was besig om die kind (Du
Toit) te slaan toe die polisiewa met loeiende sirenes aangejaag kom en die (polisievoertuig se) deure oopbars.”

Dié vrou en ander ooggetuies het bevestig dat die polisiemanne die Nige­riërs gehelp het om die Du Toit verder aan te rand. Een van die polisiemanne het blykbaar boonop die middelvinger gewys aan ’n omstander wat gevra het wat aan die gang is.

Die hele groepie is toe na die Krugersdorpse polisiekantoor toe waar hulle Du Toit aangekla het omdat hy glo een van die Nigeriërs beroof het.

Die ooggetuie het namens Du Toit ’n aanrandingsklag teen die polisiemanne aanhangig gemaak.

Volgens ’n familielid van Du Toit is van sy ribbe afgeskop en was hy besig om bloed op te gooi, maar het die polisie aan haar gesê dat hy maar so kan bly lê totdat hy in die hof verskyn. Hy was ook vol blou merke en kneusplekke, en nerf-af op verskeie plekke.

Kapt. Joseph Raboroko, woordvoer­- der van die polisie in Krugersdorp, het gister volgehou dat Du Toit nie mediese hulp nodig het of daarom gevra het nie.

Volgens Raboroko het Du Toit en ’n “tweede verdagte” gisteroggend een van die Nigeriërs vasgedruk en van R500 beroof.

Dié man en sy broer het volgens Raboroko die polisie ontbied en Du Toit is gearresteer.

Hy word van roof aangekla sal in polisieaanhouding bly tot sy hofverskyning binne 48 uur.

Tussen 10 en 15 mense het die voorval gister aanskou.

Report ID: 1591
Crime Category: Assault
Province: Gauteng
City/Town: Krugersdorp
Suburb: Krugersdorp
Address: Krugersdorp
Crime Date/Time: 9 Nov 2011, 00:11 AM
Reported By: Username1591
Reported Date: 10 Nov 2011, 10:11 AM
Related Link: View

Join the conversation

  • Username1591 10 Nov 2011, 01:40 PM

    Dit is nie reg nie ! Hierdie kind doen ons almal 'n guns en dan word hy so behandel deur ons eie polisie ?? Kapt. Joseph Raboroko, ek hoop jy word summier geskors jou lae slang - hoop jy word toegesluit !!!

Popular categories