Nokia Yearly promo scam


Ek het 'n sms gekry van +27720222312 wat se "congratulation you have won R250,000 from Nokia yearly promo: your ref no 0011.PK Contactur claim agent on 0786728973 for your price. Ek het toe die nommer gebel en met die Amanda gepraat en gevra of sy 'n Nokia agent is.Sy het gese dat sy is.Ek het vir haar die verwysing nommer gegee toe se sy dat sy eers dit moet nagaan en dat ek oor 5 minute moet terug bel. Ek het dit toe gedoen en gevra waar hulle kantoor is. Sy het gese dat hulle in 134 Longstraat is in Kaapstad op die 3de vloer. Sy het gevra of ek die prys in my bank rekening of per tjek wil he. Ek het gese per tjek. Sy het gese dat ek moet R220 se airtime gaan koop en ook my naam, adress en vir hulle deur sms. Sodra ek die airtime het moet ek hulle weer bel want dit sal die kode "unlock". Ek het gevra of die nie 'n scam is nie. Sy het dit ontken. Toe vra ek haar of ek met 'n senior persoon van nokia kan praat. Sy het toe vir 'n Phillip gegee wat nie baie vriendelik was toe ek vir hom vra om die proses weer te verduidelik.  Ek moet nie die airtime gebruik of op my foon sit nie. Ek moet die besonderhede vir hulle deurgee.Ek het toe afgelui want hierdie kan niks ander as 'n scam wees om die airtime wat ek sou koop te steel nie. Hoeveel mense moet hulle nog met die scam vang voordat nokia of die polisie hulle vastrek.

Report ID: 2481
Crime Category: Corruption
Province: Gauteng
City/Town: PRETORIA
Suburb: N/A
Address: 134 Longstreet, 3rd floor Capetown
Crime Date/Time: 12 Sep 2012, 00:09 AM
Reported By: Username2481
Reported Date: 12 Sep 2012, 14:09 PM
Related Link:

Join the conversation

  • wonder-maar-net 27 Dec 2012, 07:58 AM

    Wonder ook maar net hoekom die publiek nie self verantwoordelikheid kan vat om sulke probleme op te los nie! Hou op gierig wees, delete die sms en gaan aaan met jou lewe! Dis die gierigheid van die mensdom wat hierdie ouens die vermoe en moontlikhede gee om sulke scams te run! Geen mens kan 'n kompetisie wen waarvoor hy/sy nie ingeskryf het nie! Hou op klippe gooi en word paraad en vergeet van rykdomme, die Nigeriese scam runners sal vir altyyd met ons wees solank as ons rykdom na jaag! As 'n ding te goed klink om waar te wees dan IS dit duidelik net dit: kan nie waar wees nie!!

  • simone 4 31 Oct 2012, 10:00 AM

    ons het ook nounet n sms ontvang wat se ons het R150 000 gewen. amper daarvoor geval maar het gelukkig besef dis te goed om waar te wees!!

  • Hannie Koegelenberg 19 Sep 2012, 12:04 PM

    Hi there, I just received the same sms, just from another number: 0817506447 contact: Miss Memory Dube. Wish someone will do something to stop these scams!!!

Popular categories