HUURDERS WAT BEDROG PLEEG


Anton Uitslag en sy vrou, Hester (Vermeulen) Uitslag het  'n eiendom te huur gesoek, sonder agente, en baie dringend. Hulle het beweer dat hulle vorige verhuurder nie hul krag rekening betaal het nie en moes hulle vir meer as 'n jaar sonder krag woon in die verhuurde perseel.  Hulle het twee jong kinders so natuurlik voel mens jammer vir die mense.Ons het hulle dadelik laat intrek, sonder om die huurkontrak voor die tyd te laat teken.  Hulle het ons gesê dat hulle nie dadelik geld het vir 'n deposito nie maar dat Anton die volgende Vrydag begin werk en dan alles sal betaal waarby ingesluit is die Deposito, die aanskakeling en die eerste week se huur.  ons het dit so aanvaar.Ons is deur vriende in kennis gestel dat hulle hulle vorige 3(drie) verhuurders in dieselfde manier gevang het en ook net oornag verdwyn het.  Ons het egter maar gehoop vir die beste.Nadat ons elke maand moes smeek en agter hulle aan bel vir die huur, waarop ons elke keer 'n liegstorie in antwoord ontvang het het Anton onderneem om een Vrydag in Junie deur te kom Bloemfontein toe waar hy dan al die agterstallige bedrae sal betaal, om en by R10,000.00.Nodeloos om te sê hy het nooit opgedaag nie.  Ons is daarsie Sondag in kennis gestel dat ons huis leeg staan.Die toestand van die huis is horribaal.  Die stoof lyk of dit nog nooit gewas is nie.  Daar is boeke, penne, pille en enige ander gemors agtergelaat omdat hulle in so 'n haas moes trek.  Hierdie mense is sleg.  Hulle speel op mens se gevoelens en belowe die son en die sterre.Proceed with Caution. Hulle is skelms en kan nie opgespoor word nie omdat niks op hulle name geregistreer word nie.Kontak ons asseblief indien u enige verdere inligting nodig het oor hierdie twee mense of indien u weet waar hulle is. 

Report ID: 4072
Crime Category: Fraud
Province: Free State
City/Town: Welkom
Suburb: Hennenman
Address: 4 Dewetstraat, Hennenman, 9445
Crime Date/Time: 1 Mar 2013, 00:03 AM
Reported By: Username4072
Reported Date: 10 Jul 2013, 09:07 AM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories