Corruption


Dit is baie opmerklik dat "wandade" in die Wes - Kaap nie altyd die media haal sodat die publiek ingelig kan word nie.  Daar kan verwys word na vele betogings teen byvoorbeeld dienslewering wat nooit deur die verskillende nuuskanale op SABC gedek is nie.  (Wanneer dieselfde gebeur in enige ander provinsie haal dit wel die hoofnuus en almal kan kennis neem daarvan.)  Ons het vroeër gekyk na verskeie uitsendings van die parlementêre kanaal (DStv 408) wat die sittings van die Wes - Kaap parlement gedek het.  Tydens so sitting in 2013 het een van die opposisielede in die Wes - Kaap 'n vraag aan Primier Zille gevra oor bewerings van korrupsie in verskeie DA munisipaliteite in die Wes - Kaap.  Haar antwoord aan die persoon was dat hy die betrokke Burgemeesters moet nader.  Dit is hoe die leier van 'n politieke party 'n vraag antwoord as haar party van korrupsie beskuldig word - wanneer sy en haar party ander beskuldig van korrupsie verwag hulle dat die media hoofnuus daarvan sal maak - niks anders as skynheiligheid nie.  Ons stel voor dat meer lede van die publiek kyk na die uitsendings van die Wes - Kaap Parlement op kanaal 408 om sodoende self agter te kom dat die media nie die publiek inlig oor die DA se "sondes" nie.  Dit het dalk tyd geword dat die publiek "betoog" teen sulke optrede deur vir 'n nader party te stem - ons gaan hierdie keer vir die VF+ stem.  Daar is iewers 'n groot fout, want die "sondes" van die DA word nie deur die media gedek nie, soos die SABC wat nie die publiek inlig wat in die Wes - Kaap aangaan nie.  Die bewerings van korrupsie teen etlike DA munisipaliteite het NOOIT die nuus gehaal nie. Hoekom?  Die publiek word baie lekker om die bos gelei.  Ons verdien egter beter.  Korrupsie bly korrupsie, maak nie saak in watter party nie en die publiek het die grondwetlike reg om daarvan te weet.  Daar was tot vandag toe nog GEEN antwoord oor die bewerings van afluistery in die Kaapstad munisipaliteit toe die leier van die DA nog Burgemeester was nie.  Hoekom het sy die ondersoek van die erasmus kommissie afgestel?  Wat sou haar optrede wees indien ander partye dieselfde doen - ons sal NOOIT die einde daarvan in die media hoor nie - is dit nou hoe DEMOKRASIE werk - ons glo nie so nie!

Report ID: 6067
Crime Category: Corruption
Province: Western Cape
City/Town: Mossel Bay
Suburb: N/A
Address: Western Cape
Crime Date/Time: 6 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6174
Reported Date: 6 Apr 2014, 07:04 AM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories