Mosselbaai Munisipaliteit


Voor die munisipale verkiesing in 2011, het die DA beheerde Mosselbaai Munisipaliteit, 'n nuwe motor, ter waarde van 'n halfmiljoenrand (R 500 000) aan die Burgemeester gegee.  Daar was geen woord in die media daarvan nie, maar die media sal nie sommer in gebreke bly as 'n munisipaliteit in 'n nader provinsie dieselfde doen nie.  Om een of ander rede wil die media nie altyd die publiek inlig oor die DA se "sondes" nie.  Die DA doen presies DIESELFDE goed as die ANC, maar dit kom altyd nie uit nie.  Dit is ver van demokraties af.  Ons wil bitter graag weet wat die media hiermee wil bereik.  Die Mosselbaai Munisipaliteit het ook 'n bloudruppelstatus ontvang vir 'n munisipaliteit met die suiwerste water.  Wel, dit is ook nie waar nie.  Ons het 'n filter aan ons drinkwaterkraan gesit waarmee ons bottels volmaak en in die yskas sit vir drinkwater.  Hierdie filters word elke 6 maande vervang.  Ons hoop dat die publiek kan sien hie hierdie filters na 6 maande lyk.  Mosselbaaiers sal skrik as hulle sien wat in die water is wat hulle drink.  Weereens kom dit nie uit nie.  Waar is Fokus en Carte Blanch dan nou?  Hoekom wil hulle nie vir die publiek wys hoe die filters lyk nie?  Iets maak nie sin nie - daar is beslis 'n slang in die gras.  Hulle wys tog die water in ander provinsies.  Mosselbaai se water laat ook veel te wense as mens na die filters kyk as hulle na 6 maande vervang word.  Om een of ander rede word die DA se "sondes" van die publiek weerhou - hoe kry hulle dit reg?  Het ons dalk hier te doen met 'n geval van "omkopery?"  Die media is altyd baie vinnig om die publiek in te lig oor die dinge wat die DA oor kla, maar wanneer daar oor die DA gekla word, word dit om een of ander rede stil gehou.  Ons sal beslis nie in die komende verkiesing weer die DA ondersteun nie.  Hoe dan anders?  Die VF+ verdien dalk 'n kans.  Het ons dalk hier te doen met 'n geval van korrupsie om die DA te beskerm?  Sal die publiek ooit die waarheid weet?  Die DA is altyd so vinnig om oor ander te kla in die media, maar wat van klagtes teen die DA?  Hoekom hoor mens so min daarvan?  Kyk maar net na die uitsendings van die Wes - Kaap Parlement op DStv - kanaal 408, en julle hare sal regop staan.  Dit is duidelik dat die meerderheid DA ondersteuners nie daarna kyk nie . Dit word slegs in die Wes - Kaap uitgesaai.   Die uitsendings was altyd Donderdaemiddae na 2, maar dit lyk nou asof dit verskuif het na Dinsdaemiddae.  Die publiek sal iets moet doen om te wys dat ons nie almal onder 'n kalkoen uitgebroei is nie.  (Daar was tydens 'n uitsending van die Wes - Kaap parlement in 2013 ook 'n geval waar 'n opposisielid die Primier uitgevra het oor bewerings van DWELMS teen een van haar ministers.  Dit is 'n BAIE ernsitge aantuiging as dit waar is.)  Politici is besig om die publiek te belieg - mens weet nie meer wanneer hulle die waarheid praat nie.  Wat gaan van ons word as ons toelaat dit hulle oor ons loop?  Daar was vroeër 'n geval waar die Openbare Beskermer 'n ondersoek gedoen het oor die DA beheerde Midvaal munisipaliteit.  Tot op datum is die uitslag van die ondersoek NOOIT aan die publiek bekend gemaak nie.  Hoekom tree die WETSTOEPASSERS in Suid - Afrika nie op teen bogenoemde nie?  Iets is regtig nie pluis nie - die publiek se reg om ingelig te word, word nie nagekom nie.    Nog KORRUPSIE???  Ons hoop dat die publiek meer OPLETTEND sal wees - ons is genoeg om die bos gelei!

Report ID: 6068
Crime Category: Corruption
Province: Western Cape
City/Town: Mossel Bay
Suburb: N/A
Address: Mosselbaai Munisipaliteit
Crime Date/Time: 6 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6174
Reported Date: 6 Apr 2014, 13:04 PM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories