Secunda


Ek het n sms ontvang wat beweer dat my simkaart n bedrag van R499000 gewen het in n OmO washing powder promosie met n ref no SA246WP en dat ek vir Jim Johnson moet kontak by sel no 0836693147 Ek het hom gekontak waarop hy my meegedeel het dat ek hom moet voorsien van n banknommer en ook n R110 Vodacom airtime Ek moenie die geld op my tel laai nie want hy moet dit op die rekenaar sit om die sim nommer te identifiseer Ek het dit toe gedoen en hom weer gekontak Hyt my gese dat ek moet wag vir n sms wat ek toe gekry het Daarin het gestaan dat ek net ingelig word dat alles gereed is dat my geld in my rek inbetaal gaan word in ooreenstemming met hulle ooreenkoms met OMO Company Daarin word van my versoek om n bedrag van R2550 vir die bankoordragkostes in te betaal Daar is aan my deur n person genaamd Martin Abort met tel no 0730974282 die inligting bekendgemaak  Daar is versoek dat ek die geld so spoedig moontlik moet inbetaal sodat die bank my lottery geld in my rek kan inbetaal en sodra ek by die bank kom sal hy my die besonderhede gee waar die geld inbetaal moet word Ek het hom weer gekontak waarop hy my per sms die volgende besonderhede gegee het Die geld moet in n rekening  no 9293985537 in n person genaamd Mr L Dlamini branch code 6046 ABSA Bank inbetaal word Daar is ook aan my n faks nommer gegee waarnatoe ek die bewys van betaling moet faks en die faks nommer is 0867181475 Graag sal ek wil verneem of daar wel so iets is ivm die promosie en indien nie wat daar aan die soort van dinge gaan gebeur Kontak my enige tyd by sel no 0723964327 enige tyd Johnny Panther

Report ID: 6109
Crime Category: Fraud
Province: Mpumalanga
City/Town: Secunda
Suburb: Kosmosrand
Address: Munchen str 19 Secunda
Crime Date/Time: 9 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6109
Reported Date: 10 Apr 2014, 13:04 PM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories