DA EN DIE MEDIA


Daar is 'n groot fout in ons land.  Wanneer daar klagtes teen die DA is, kry hulle altyd die een of ander storie in die media om die negatiewe aandag van hulself weg te neem.  Wat van die aantuigings van korrupsie gemaak deur opposisie lede in die WES - KAAP PARLEMENT tydens sittings wat op DStv kanaal 408 gewys is.  Daar is ook bewerings gemaak van dwelms teen 'n minister in die provinsie wat deur die DA regeer word.  Daar het ook in al die tyd NIKS gekom oor die korrupsie van 'n DA Burgemeetser in Moorreesburg nie.  Die publiek in Suid - Afrika wag steeds om van die Openbare beskermer te hoor wat in die DA beheerde MIDVAAL MUNISIPALITEIT aangegaan het.  Wat van die bewerings van afluistering in die Kaapstad munisipaliteit?  Die DA is net so skuldig aan "verkeerde goed" in Suid - Afrika waarvan sommige lede van die publiek bekend is.  As daar betogings is teen dienslewering in Kaapstad, George en Mosselbaai, is die nie nuuswaarding vir die SABC om dit as hoofnuus op al hulle nuuskanale te gebruik nie.  As die publiek klagtes by die poliise, NVG. Openbare Beskermer of Ouditeur Generaal maak, kry jy geen antwoord nie.  Die media (SABC) antwoord jou ook nie.  Wat is aan die gang tussen die media en die DA?  As die publiek nie mag kla oor dinge wat tydens sittings van die WES - KAAP PARLEMENT gemaak word, moet dit nie op nasionale TV gewys word nie.  As die publiek nie glo wat hier staan nie, moet hulle saamstaan om deur die media ingelig te word wat in die WES - KAAP aangaan.  Die media is veronderstel om onpartydige nuus aan die publiek te voorsien, maar om een of ander duistere rede doen hulle dit nie en kom daarmee weg.  Daar moet tog seker joernaliste wees wat weet wat in die WES - KAAP PARLEMENT gesê word.  Ons kyk nie meer na die sittings van die WES - KAAP PARLEMENT op DStv kanaal 408 nie, want die kykers word gelaai met LEUENS en jy mag NIKS sê nie, omdat jy geignoreer word om een of ander rede.  Alles is nie pluis nie.  Ons bly in 'n demokratiese land en die media is verplig om die publiek in te lig wat aangaan - OOK IN DIE WES - KAAP.

Report ID: 6119
Crime Category: Other
Province: Western Cape
City/Town: CAPE TOWN
Suburb: N/A
Address: CAPE TOWN
Crime Date/Time: 12 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6174
Reported Date: 12 Apr 2014, 18:04 PM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories