Nkandla


Hier is iets baie snaaks aan die gang in Suid - Afrika.  Die leier van die DA in die nasionale parlement (Lindiwe) het 'n hele ruk gelde in die media gesê dat sy 'n klag by die speaker van die nasionale parlement ingedien het oor Nkandla.  Sy het ook by die geleentheid gesê dat daar binne 10 dae 'n antwoord MOET kom op die klagte.  Die 10 dae is weke al verby en daar het NIKS van gekom nie.  Nou het sy weer presies dieselfde ding gedoen en haar storie was weer in die media.  Is dit nie vir julle baie snaaks dat 'n opposisie party 'n "issue" hiervan maak nie?  Waar is al die ander opposisie partye in die verband - dit is altyd net die DA wat die media oorheers met stories waarvan daar NIKS kom nie.  Dit is glad nie 'n opposisie party wat iets hieraan moet doen nie.  Dit is die land se "wetstoepsassers" soos die NVG.  Hulle is veronderstel om die publiek te beskerm teen politici - nie waar nie?  Die media kon hierdie aangeleentheid reg aan die begin "afgehandel" het.  Al wat hulle moes doen, was om 'n hofaansoek te kry om die verband te publiseer wat Zuma volgens hom by 'n bank gekry het om vir die "onkoste" van Nkandla te betaal.  Die media het reeds in die verlede sulke aansoeke by die hof ingedien om inligting te publiseer - hoekom het die media dit nie ook in hierdie geval gedoen nie?  Suid - Afrikaners word lekker om die bos gelei en hulle val daarvoor en aanvaar dit.  Ons bly in 'n demokratiese land en het die reg dat "wetstoepassers" ons beskerm teen politici.  Hulle is ook veronderstel om klagtes teen die DA te ondersoek.  (As mens hulle nader, is hulle "ongeskik" met jou.)  Die Openbare Beskermer antwoord ook nie jou navrae oor die ondersoek na die DA beheerde Midvaal munisipaliteit nie.  Hoekom bly die media en die wetstoepassers stil oor die bewerings van korrupsie teen etlike DA munisiplaitiete in die Wes - Kaap nie, soos 'n opposielid tydens 'n sitting vrae hieroor aan premier Zille gevra het, waarop sy geantwoord het dat hy die burgemeesters moet vra?  Wat doen sy en haar party as daar klagtes van korrupsie teen ander gemaak word?  Hulle hardloop baie vinnig na die media toe en verwag dan dat die media HOOFNUUS daarvan moet maak.  Iets is beslis nie pluis nie - hoekom wil die media in Suid - Afrika nie die publiek inlig oor die dinge nie? Dit is ons EIE skuld dat die media oor ons loop.  Hoeveel van die betogings teen dienslewering in die Wes - Kaap is deur die SABC op al die betrokke nuuskanale gewys?  Is dit hoe demokrasie dan werk?  Hoekom sê Zille en Lindiwe dan NIKS ook die bwerings van korrupsie teen hulle party nie?  Onthou hulle dan nie van die burgemeester van die Wes - Kus munisipaliteit in Moorreesburg 'n paar jaar gelede nie?  Hulle verkiesingsadvertensie dat hulle korrupsie gaan hokslaan is uiters misleidend en ons val daarvoor.  Dalk het die publiek van bogenoemde vergeet omdat die DA so goed kan POLITIEK speel om op almlal se gevoel te speel.  Ons bly in die Wes - Kaap en is deeglik bewus van heelwat betogings op die N1 naby die Kaapstad lughawe waartydens betogers klippe na motors gegooi het.  Waar was die media?  Daar is mos mense wat in Kaapstad bly wat deur hierdie betogings geraak is en ook vir die klippe moes koes.  Dit is baie raar dat hulle nie na vore kom en met ander deel wat hulle beleef het nie.  By een so betoging was daar meer as 50 polisievoertuie betrokke.  Hoekom het die polisie dan nie die media ingelig hieroor nie?  Die publiek moet maar op hulle hoede wees vir dit wat hulle op TV nuus sien.  Dit is veral opvallend dat die media hierdie betogings veral weerhou van swartmense in Suid - Afrika - omdat die DA natuurlik "vry" na swartsteun.  Is dit nie ook KORRUPSIE nie?  Hoekom is daar 'n media in Suid - Afrika as hulle so optree?  Daar was ook betogings in George en een in Moselbaai.  Is die publiek daarvan bewus wat in die Oos - Kaap, Noord - Kaap, Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes, Kwazulu - Natal en die Vrystaat bly?  Beslis nie met die media wat ons het nie.  Ons hoop van harte dat die publiek in ander provinsies eendag 'n betoging sal beleef naby die Kaapstad lughawe - sodat hulle ook vir die klippe wat gegooi word kan koes.  Dit is die ENIGSTE manier wat almal in Suid - Afrika bewus sal wees wat hier in die Wes - Kaap aangaan, waarvan hulle nie bewus is nie.  Ons wil baie graag weet hoekom dit nie publiek gemaak word nie, maar jy word bloot net geignoreer as jy daaroor praat.  Die DA word in alle Suid - Afrikaners se kele afgedruk om een of ander rede.  Die DA wil altyd eerste met 'n storie wees in die media - daar is BAIE ANDER opposisie partye in die land, soos die VF+ wat GEEN woord inkry nie.  Ons hoop regtig dat die publiek se oë sal oopgaan.  Kom bly in die Wes - Kaap - dis die ENIGSTE manier wat julle sal bewus word wat hier aangaan, want dan sal julle ook kan inskakel op die uitsendings van die Wes - Kaap parlement, waar julle kan hoor wat hier aan die gang is.  Dit is baie opvallend dat Die Burger en die SABC nie joernaliste het wat die publiek vertel wat hier aangaan nie.  Dit is nou DEMOKRASIE!  Helen Zille het voor die verkiesing in 2009 die NVG besoek tydens 'n verkiesingsveldtog - wat van Moorreesburg se gewese burgemeester en die bewerings van korrupsie teen DA behherde munisiplaiteite, Helen?  Verduidelik dit bietjie vir die mense van Suid - Afrika - hoekom is jou party ALTYD reg?  Hoekom mag die publiek nie ingelig word nie?  Sê ASSEBLIEF vir die mense in Suid - Afrika. ALMAL het die demokratiese reg om te weet van die DA se "blapse!"  (Veral die swartmense wat maklik "omgekoop" word - die DA jag hulle mos met grasie.)  Is dit hoekom julle dit nie op die swart nuuskanale wil uitgesaai hê nie.

Report ID: 6167
Crime Category: Corruption
Province: Western Cape
City/Town: CAPE TOWN
Suburb: N/A
Address: CAPE TOWN
Crime Date/Time: 19 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6174
Reported Date: 19 Apr 2014, 17:04 PM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories