MEDIA EN WETSTOEPASSERS IGNOREER


Was julle al in 'n posisie waar iemand waarvoor jy lief is, met 'n motor moet ry op 'n pad waar betogers klippe gooi na voertuie?  Ons weet hoe dit voel.  Ons niggie het by meer as een geleentheid vir klippe gekoes op die N1 naby die Kaapstad lughawe.  Die media veral die SABC het nie eers die moeite gedoen om dit op hulle verskeie nuuskanale te vertoon nie.  Ons wil net weet hoekom betogings soos die in Wes - Kaap deur die media WEERHOU word?  Dit kan net wees omdat die DA die Wes - Kaap regeer.  Die media (SABC) wil nie Suid - Afrikaners inlig oor dit wat in die Wes - Kaap gebeur nie.  Daar moet tog 'n baie goeie rede wees daarvoor.  Hoekom haal hierdie gevalle nie ook die HOOFNUUS op al die NUUSKANALE van die SABC nie?  Dit maak mos nie sin nie!  As mens die media of wetstoepassers nader oor hoekom die gevalle nie ook die nuus haal nie, word jy geignoreer of jy kry "ongeskikte" antwoorde.  Waar moet jy aanklop?  Dit kan mos nie so aangaan nie. 

Report ID: 6168
Crime Category: Hate
Province: Western Cape
City/Town: CAPE TOWN
Suburb: N/A
Address: CAPE TOWN
Crime Date/Time: 19 Apr 2014, 00:04 AM
Reported By: Username6174
Reported Date: 19 Apr 2014, 18:04 PM
Related Link:

Start the conversation

Popular categories