Animals left in home with no open windows or doors


Ek het regtig hulp nodig, in 2013 was hier 'n klagte teen die vrou, sy maak haar diere toe in die huis sonder dat hulle kan uitkom en hulle moet in hulle eie poefie en pp lewe, soms sonder vars water en kos. Kimberley SPCA het voorheen tussen 11 - 20 honde weggeneem by die dame. Toe ek die saak weer begin ondersoek is daar 'n hofbevel gekry teen my dat ek nie op die erf mag ingaan nie. 2015 het ek 'n klagte gekry soos volg vanaf die publiek : "Helo jammer om te pla maar weet nie war om dit anders te raporter nie daar is n huis by die RDP's daar is n huis vol honde sonder water sonder kos die huis is vuil want die diere kan nie uit gaan om hulle goed buite te doen nie ek weet dit is nie reg om mense wat minder bevooreg is weg te hou van diere maar die honde is verwaarloos en kort dringend hulp " Ek het na die huis gegaan met toestemming van een inwoner die mense het 'n tipoff gekry en die oggend die huis skoon gemaak en die honde gaan versteek in 2 ander huise saam met die een. Die een hond het letterlik gesit en bewe van bangheid en gegrom dit was soos 'n verwilderde dier, die inwoner het bevestig aan die SAP dat die mense die diere verwaarloos en dat hy self nie in die stank kan bly nie. Ek kon by een huis ingaan maar die ander was toe so ek kon nie daar ingaan agv hofbevel en omdat die mense nie by die huis was maar daar was 'n hele klomp honde in die huis toegemaak. Hierdie gaan nou al aan vanaf 2013 en die vrou word net niks aan gedoen. Daar loop wel 'n storie rond dat hulle honde steel ook in die dorp en ek weet nie of hulle dit verkoop of wat hulle met die diere doen nie, hierdie is hoorsê van die steel maar ek noem dit want ek dink hier is 'n ernstige probleem. Indien iemand kan help inbox my dan gee ek die speurder se naam en nommer wat hierdie ondersoek het asook die inspekteur by die SPCA wat 2013 die saak hanteer het, Kimberley SPCA wil tans nie weer help met die saak omdat Christiana nie meer onder hulle val nie en te ver is om te ry. Maar ons kan nie die diere so los, die inwoners van Christiana is almal baie bekommerd en wil sien dat gereg geskied.

Report ID: 8191
Crime Category: Animal Cruelty
Province: North West
City/Town: Christiana
Suburb: Christiana
Address: Buitestraat, Rdp nr 4 en 3
Crime Date/Time: 7 May 2015, 00:05 AM
Reported By: Username8191
Reported Date: 12 May 2015, 10:05 AM
Related Link:

Join the conversation

  • Lynda Wright 16 Jun 2015, 06:55 PM

    Is this crazy woman not perhaps using these animals for "mootie"? sounds like witchcraft to me!! The SPCA needs to obtain a warrant to have these animals removed and the women arrested Immediately!! Alternatively the community in Christiana must take matters into their own hands at least free the animals and take them far away from that place, please I beg of you, get help quickly!! Thank you

  • Lynda Wright 16 Jun 2015, 06:46 PM

    Apologies, I cannot write in Afrikaans, but I suggest that the SPCA in Kimberly be reported for not recognizing this as an Emergency to assist these animals, and SAPS need to arrest this women immediately! What is wrong with these people do they have eyes at the back of their heads or plainly choosing to turn a deaf ear to such a situation?? Kimberly SPCA, shut your doors if you are willing to assist these animals!!You are just as bad as the woman mistreating these animals!!!!!

Popular categories